Die evaluering van 'n bestuursopleidingskursus met behulp van die posmandjie-tegniek
Abstract
Opsomming
Die effektiwiteit van 'n bestuursopleidingskursus is geevalueer aan die hand van gedragverandering soos gemeet deur twee posmandjies van dieselfde moeilikheidsgraad. Uitkomsevaluering is gedoen om te bepaal of leeroordrag plaasgevind het, met ander woorde/ of the nuut aangeleerde bestuursvaardighede in die toepassing van die bestuursdimensies beplanning, organisering en beheer wel na die tyd in die konteks van werkgedrag manifesteer. Beduidende verskille tussen die eksperimentele en die kontrole groep is gevind. Dit is ondersoek met behulp van enkelveranderiike-variansie-ontleding. Die bestuursopleidingskursus kon effektief vanuit die gedragbeoordelingsbcnadering gemeet word by twee groepe, waar slegs die een groep aan 'n bestuursopleidingskursus blootgestel word om te kon bepaal of bestuursgedrag verander het. Die studie benut die posmandjie-tegniek as kursusevalueringsinstmment.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

