The role of locus of control and achievement motivation in the work performance of black managers
Abstract
Opsomming
Die primêre doelwit van hierdie studie was om die werkverrigting van Swart bestuurders te voorspel deur gebruik te maak van drie metings van Lokus van Beheer en vyf metings van Prestasiemotivering. Werkverrigting is deur bogeskiktes met behulp van die Prestasiebeoordelingsvraelys van Schepers (1994) beoordeel, wat drie tellings lewer, naamlik Werkverigting, Inisiatief/Kreatiwiteit en Bestuursvaardighede. Die steekproef het uit 102 Swart manlike werknemers in toesighoudende en meer senior posisies in 'n gediversifiseerde en geografies verspreide chemiese maatskappy bestaan. In die ontleding van die data is die drie stelle metings geïterkorreleer en aan 'n faktorontleding onderwerp. Drie faktore is geidentifiseer onder andere, 'n faktor wat werkverigting verteenwoordig. Gevolglik is 'n saamgestelde telling bereken wat as kriteriummeting in 'n regressieontleding gedien het. Verder is 'n kanoniese korrelasieprosedure aangewend om die korrelasie tussen die voorspellerveranderiikes en die afhanklike veranderlikes te maksimeer. Twee statisties beduidende kanoniese korrelasies is verkry. Dit is bevind dat sowel die Lokus van Beheer-vraelys as die Prestasie-motiveringsvraclys as voorspellers van werkverrigting, soos beoordeel deur middel van die Prestasiebeoordelingsvraelys, gebruik kan word.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

