Psychological strengths, coping and suicide ideation in the South African Police Services In The North West Province
Abstract
Opsomming
‘n Relatiewe hoë getal selfmoorde kom in die Suid-Afrikaanse Polisiediens voor. Die doelstelling van hierdie navorsing was om die verband tussen koherensiesin, algemene selfdoeltreffendheid, lokus van beheer en coping enersyds en selfmoorddenkbeeldvorming van polisiepersoneel andersyds te bepaal. Die studiepopulasie (N = 287) het bestaan uit polisiepersoneel in die Noordwes-Provinsie. Die resultate het aangetoon dat koherensiesin en algemene selfdoeltreffendheid verband hou met selfmoorddenkbeeldvorming by polisieper-soneel. ‘n Diskriminantontleding het aangetoon dat koherensiesin, coping-strategieë en mediese toestand 81,48% van die deelnemers met hoë tellings ten opsigte van selfmoorddenkbeeldvorming korrek geklassifiseer het.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

