Die loopbaanpatrone van Suid-Afrikaanse bestuurders
Abstract
Opsomming
Die veranderende aard van werk veroorsaak dat opwaartse mobiliteit in organisasies meer beperk raak. Dit verg dat individue opnuut oor hulle loopbane sal moet besin. 'n Belangrike voorvereiste hiervoor is voldoende selfkennis. Die loopbaanpad wat individue verkies hou dikwels verband met die loopbaankultuur van 'n organisasie en is nie altyd in ooreenstemming met hulle eie motiewe en behoeftes nie. Die doel van hierdie studie was om te bepaal in waiter mate daar 'n passing is tussen die respondente se loopbaanvoorkeure en hulle loopbaanmotiewe. Die resultate dui oor die algemeen op 'n swak passing. Aanbevelings word op grond van die bevindinge gemaak.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

