Measuring consumer awareness in the Eastern Cape
Abstract
Opsomming
Die hoof doelstelling van hierdie studie is die meting en vergelyking van verskillende vlakke van verbruikersbewustheid onder 'n multi-kulturele steekproef van stedelike en plattelandse verbruikers in die Oos-Kaap. Die studie is gegrond op vorige navorsing in die veld en maak gebruik van 'n uitgebreide weergawe van 'n vraelys ontwikkel vir stedelike steekproewe. 'n Nie-ewekansige gerieflikheidsteekproef (N = 326) is getrek uit Engels/ Afrikaans en Xhosa-sprekende verbruikers. Veldwerk is uitgevoer deur die Universiteit van Port Elizabeth en die Verbruikersbeskermingskomitee vir die Oos-Kaap. Verskillende vlakke van verbruikersbewustheid het na vore getree uit die steekproef. Hierdie verskille kan toegeskryf word aan sosio-demografiese veranderlikes soos taal, huishoudelike grootte en inkome. Bevindinge suggereer verder 'n lae vlak van persoonlike verbruikerskennis onder die steekproef. Dit impliseer 'n ernstige behoefte aan meer verbruikers inligting en opvoeding aan verbruikers in die provinsie ten opsigte van verbruikersregte en probleem opiossings vaardighede.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

