Die effek van regstellende aksie op die streservaring van 'n groep swart werknemers
Abstract
Opsomming
Die doel met die studie was om die tipiese simptome van stres onder 'n groep swart werknemers betrokke by regstellende optrede, sowel as die wat nie aan regstellende aksies blootgestel is nie, te identifiseer. Die Ervaring van Werk en Lewensomstandighede-vraelys is op 30 swart werknemers wat aan regstellende aksic blootgestel is (ondersoekgroep) en 40 swart werknemers wat nie aan regstellende aksie blootgcstel is nie, toegepas. Resultate toon dat die ondersoekgroep beduidend meer ontcvredenheid as die vergelykbare groep ervaar het, terwyl die groep wat nie aan regstellende aksies blootgestel is nie, 'n beduidend hoër telling op aggressie behaal het. In die lig hiervan is enkele aanbevelings gemaak.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

