Die verband tussen werknemers se houding jeens regstellende aksie en hul werksbetrokkenheid: 'n Eksploratiewe studie
Abstract
Opsomming
Die hoofdoel van die onderhawige studie was om te bepaal of daar 'n verband tussen werknemers se houding jeens regstellendc aksie en hul werksbetrokkenheid bestaan. 'n Ewekansige steekproef van 600 deelnemers geneem uit 'n groot versekeringsonderncming het 138 bruikbare vraelyste opgelewer. Hoewel interkorrelasies tussen houdings jeens regstellende aksie en vier werkverwante betrokkenheidsfokusse geen betekenisvolle verbande opgelewer het nie/ het chi-kwadraatontledings daarop gedui dat werknemers se houdingjeens regstellende aksie en hul werksbetrokkenheid moontlik wel dcur faktore soos geslag en huistaal gemodereer word. Die implikasies van die bevindinge word vervolgens bespreek.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

