Die houdings van manlike bestuurders teenoor die vordering van vroue binne die bedryfskonteks: 'n Kultureel vergelykende studie
Abstract
Opsomming
Die hoofdoelstelling van hierdie studie was om die houdings van manlike bestuurders jeens die vordering van vroue komende uit die vier kultuurgroepe - blank, swart, Kleurling en Indiër, asook vroue in die algemeen/ binne die bedryfskonteks te bepaal. Vyf onafhanklike meetinstrumente is vir hierdie doel ontwikkel. Daar is bevind dat anderskleurige manlike bestuurders in die algemeen 'n gunstiger houdmg jeens vroue huldig as blanke manlike bestuurders. Uit 'n vergelyking van die houdings van manlike bestuurders jeens vroue komende uit die verskillende kultuurgroepe, blyk dit dat daar 'n bepaalde hiërargiese orde van voorkeur onder blanke manlike bestuurders is, terwyl anderskleurige manlike bestuurders slegs verskille ten opsigte van blanke- teenoor Kleurling- en Indiër- teenoor Kleurlinggroepe aandui.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

