Die kwalitatiewe effek van 'n groepfasiliteringskursus
Abstract
Opsomming
Die persoonlikheidsprofiel van die groepfasiliteerder word gekonseptualiseer as bestaande uit groepkennis en -vaardighede, interpersoonlike effektiwiteit en spesifieke persoonlikheidskenmerke. 'n Groepfasiliteringskursus gerig op die stimulering van hierdie profiel is ontwikkel. 'n Kwalitatiewe evaluering van die kursus dui aan dat die kursus daartoe bydra dat groepfasiliteerders intra- en intergroepgroei stimuleer en die effektiwiteit van groepe waarmee hulle werk/ verbeter. Dit kan bydra tot groter sukses van gemeenskapspolisiering en die vestigingvan deelnemende bestuur mits meer fasiliteerders daarin opgelei kan word en die organisasiekultuur ondersteunend is ten opsigte daarvan.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

