Defining and measuring career resilience
Abstract
Opsomming
Verskeie outeurs het reeds daarop gewys dat loopbaangehardheid as 'n kritiese bevoegdheid ontwikkel behoort te word in die hedendaagse loopbaankonteks. In geen studie in die loopbaanbestuuriiteratuur tot dusver is 'n omvattende instrument vir die meting van die konstruk gerapporteer nie. Die fokus van hierdie studie was dus die ontwikkeling van 'n instrument om die konstruk loopbaangehardheid te operasionaliseer. Na 'n oorsig van die literatuur is die "Career Resilience Questionnaire" (CRQ) bestaande uit 60 items, gekonstrueer en afgeneem op 'n steekproef (N=352) in witboordjie-werksomgewings. 'n Tweedeordefaktorontleding het vier faktore opgelewer wat skynbaar relatief onafhanklike faktore is. Hierdie faktore is "geloof in self", "onderbeklemtoning van tradisionele bronne van loopbaansukses", "selfgenoegsaamheid" en "ontvanklikheid vir verandering". Die implikasies van die bevindinge word bespreek.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

