Collective learning behaviour as a function of an individual's propensity for participative management and tolerance for ambiguity
Abstract
Opsomming
In hierdie studie is die verband tussen bereidwilligheid tot deelnemende bestuur en verdraagsaamheid teenoor dubbelsinnigheid enersyds, en kollektiewe leergedrag - 'n bepaalde vorm van deelname - andersyds, ondersoek. Drie vraelyste wat hierdie konstrukte meet, is op 'n steekproef van 283 werknemers in 'n finansiele instelling toegepas. 'n Tweede orde faktorontleding het twee faktore ten opsigte van die bereidwilligheid tot deelnemende bestuur/ een faktor ten opsigte van verdraagsaamheid teenoor dubbelsinnigheid en drie faktore ten opsigte van kollektiewe leergedrag opgelewer. Laasgenoemde drie faktore het as afhanklike veranderlikes tydens 'n veelvoudige regressie-ontleding gedien. 'n Kanoniese korrelasie het twee statisties beduidende verbande opgelewer. Die bevindinge en implikasies hiervan word bespreek.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

