Variability in multi-rater competency assessments
Abstract
Opsomming
Die doel van hierdie studie was om te bepaal of daar beduidende verskille bestaan tussen die multi-beoordelaar bevoegdheidsevaluerings van werknemers wat binne 'n plat organisasiestruktuur funksioneer. Agt-en-sestig bemarkingswerknemers is elk beoordeel deur 'n aantal beoordelaars wat die werknemers self, hul bestuurders, kliente en kollegas ingesluit het. 'n Bevoegdheidsvraelys is ontwikkel deur gebruik te maak van die insette van die werknemers wat deel geneem het aan die evaluering. Deur die gebruik van gepaarde t-toetse is gevind dat daar beduidende verskille bestaan tussen sommige van die groepe beoordelaars. Hierdie bevindinge en die implikasies daarvan word bespreek.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

