An early career in the military: A developmental-contextual perspective
Abstract
Opsomming
Jong militere beroepsoffisiere se belewenis van hulle interne loopbaanontwikkeling is longitudinaal uit 'n lewenspan-Iewensruimte benadering bestudeer. Beduidende oorgange tussen die werk-, studie- en ontspanningsrolle met gepaardgaande veranderinge in hulle waardestelsel, weg van tradisionele militere waardes in die rigting van 'n beroepsgeoriënteerde waardestelsel, is bevestig. Geslagsverskille is gevind wat betref die werk- en gemeenskapsrolle sowel as in die volgende ontwikkelingspatrone: 'n behoefte aan outoriteit, kreatiwiteit, kulturele identiteit, fisiese aktiwiteite, sosiale verhoudings en verskeidenheid. Beduidende verskille met betrekking tot lewensrolle het in die loopbaanontwikkelingsprofiele van militere en burgerlike studente aan die lig gekom.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

