The influence of nostalgia on consumer preference
Abstract
Opsomming
Die hoof doelstellings van hierdie studie was om die invloed van nostalgia op verbruikersvoorkeure te ondersoek en vlakke van nostalgia by multikulturele groepe te meet. Die studie is gegrond op vorige navorsing in die veld en maak gebruik van 'n uitgebreide weergawe van 'n vraelys ontwikkel deur Holbrook (1993). 'n Nie-ewekansige gerieflikheidsteekproef (N = 504) is getrek uit Engels, Afrikaans en Xhosa-sprekende verbruikers in die Oos-Kaap. Veldwerk is uitgevoer deur bedryfsielkundestudente van die Universiteit van Port Elizabeth. Verskillende vlakke van nostalgia het na vore getree uit die steekproef. Hierdie verskille kan toegeskryf word aan sosio-demografiese veranderlikes soos taal, ouderdom, opvoeding en inkomste. Bevindinge suggereer dat nostalgia nie slegs verbruikersvoorkeure beihvloed nie maar ook dat nostalgiese verbruikers 'n belangrike marksegment verteenwoordig. Bemarkers moet egter versigting wees in die gebruik van nostalgia as 'n bemarkingsinstrument, as gevolg van die kompleksiteit van die konstruk.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

