Die verband tussen die sielkundige kontrak en organisasieverbondenheid
Abstract
Opsomming
Die doel van die studie is om 'n meetinstrument met aanvaarbare metriese eienskappe vir die sterkte van die sielkundige kontrak vir Suid-Afrikaanse omstandighede te ontwerp en om empirics die verband tussen die sterkte van die sielkundige kontrak en organisasieverbondenheid te bepaal. Die sterkte van die sielkundige kontrak vraelys is op grond van die Dhammanungune-model ontwerp en het uit twee skale naamlik, die behoefteverwagting- en vervullingsverwagtingskale bestaan. Items vir eike skaal is sodanig geformuleer dat die respondent agteropeenvolgens op twee instruksies naamlik (a) die vlak van die verwagting en (b) die belangrikheid van die verwagting moet reageer. Die vraelys is saam met die organisasieverbondenheidsvraelys op twee populasies uit 'n militere omgewing toegepas. Die Pearson- produkmomentkorrelasie tussen die sterkte van die sielkundige kontrak en organisasieverbondenheid is bereken en die betekenisvolheid van die korrelasies is geevalueer
Refbacks
- There are currently no refbacks.

