Original Research
Die persoonlikheidsoriëntasieprofiel van die saluto-genies-funksionerende mens
Submitted: 25 June 1999 | Published: 25 June 1999
About the author(s)
A. M. Viviers, UNISA, South AfricaFull Text:
PDF (5MB)Abstract
Opsomming
Die doel van hierdie navorsing is om die teoretiese persoonlikheidsprofiel van die salutogenies-funksionerende mens vanuit die literatuur oor Salutogenese met die persoonlikheidsorientasieprofiel van die optimaal- funksionerende werknemer soos deur die Organisasie- en Personeelsielkunde-literatuur voorgehou, te integreer. Die integrasie word volgens intra- (kognitiewe, affektiewe, konatiewe en fisiese eienskappe) en interpersoonlike eienskappe gedoen. Daar is bevind dat die twee profiele volgens die eienskappe geïntegreer kan word tot 'n profiel van die salutogenies-funksionerende mens wat die stressors van die lewe en werk effektief kan hanteer en sodoende optimaal in sy daaglikse bestaan funksioneer. Die integrasie bevind 'n teoretiese verband tussen die twee konstrukte. Dit bevestig empiriese navorsing wat 'n beduidende verband tussen die twee konstrukte bevind het.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 3386Total article views: 3141