Original Research
Validity of the standard shiftwork index for South African shiftworkers in the transport industry
Submitted: 25 June 1999 | Published: 25 June 1999
About the author(s)
D. Visser, Rand Afrikaans University, South AfricaFull Text:
PDF (7MB)Abstract
Opsomming
'n Belangrike leemte in navorsing oor skofwerk is die gebrek aan eenvormige metingsprosedures. Die Standard Shiftwork Index (SSI) behels verskeie selfbeoordelingvraelyste wat in Engeland ontwikkel is om hierdie behoefte aan te spreek. Die doelwitte van hierdie studie was om die tussenkulturele toepaslikheid, interne konsekwentheid en konstrukgeldigheid van die SSI-skale vir 'n hoofsaaklik Afrikaanssprekende steekproef van 728 treindrywers te bepaal en om normatiewe statistiek vir hierdie steekproef te verskaf. Faktoranalitiese resultate en die korrelasies tussen die onderskeie skale het hul konstrukgeldigheid ondersteun. Gemiddeldes wat op die onderskeie vraelyste behaal is, is vergelyk met gemiddeldes wat vir Britse skofwerkers en nieskofwerkers verkry is. Die insluiting van werktevredenheid- en werkbetrokkenheidskale, asook skale oor slaap, het die uitkomsgebaseerde teoretiese model van die opstellers van die SSI aangevul. Die SSI kan beskou word as 'n nuttige navorsingshulpmiddel vir gebruik met skofwerkers, maar verdere ontwikkeling van sommige van die skale is gewens.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 3876Total article views: 2918