The internal career of the type A personality
Abstract
Opsomming
Die hoofdoel van die studie was om die verband te bepaal tussen Tipe A persoonlikheid, optimale belewenis van werk (Vioei) en loopbaansuksesorientasie. Die drie vraelyste wat die bovermelde konstrukte meet, is afgeneem op 200 bestuurders uit 'n verskeidenheid Suid Afrikaanse organisasies verteenwoordigend van alle organisatoriese funksies. geslagte en kultuurgroepe. Met Vloei en Tipe A persoonlikheid as insetveranderlikes is die steekproef in vier homogene bondels verdeel aan die hand van 'n bondelingstegniek. Met behulp van n faktoranalise is vier loopbaansuksesoriëntasies geïdentifiseer en is vier skale dienooreenkomstig gekonstrueer. Die vier bondels is met mekaar vergelyk in terme van loopbaansuksesoriëntasies. Daar is met behulp van die analise bevind dat Tipe A's hulle werk nie optimaal beleef nie, maar wat loopbaansuksesoriëntasie betref, het hulle die hoogste gemiddelde tellings behaal.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

