The measurement of work stress within South African companies: a luxury or necessity?
Abstract
Opsomming
Suid-Afrikaners blyk ‘n verskeidenheid oorsake van stres en baie hoë vlakke van stres te ervaar. Om die koste van hoë stres binne die Suid-Afrikaanse organisasiekonteks te verminder, is dit belangrik om meer aandag aan die meting van die stres te gee wat kan dien as ‘n beginpunt om stres sinvol te hanteer. Die eerste stap in die meting van vlakke en oorsake van stres binne en buite organisasieverband, is om die verskillende response van die onderskeie kulturele groepe te erken. Verder is dit belangrik om stresmeting as ‘n proses te beskou. Verskillende metodes van stresmeting word bespreek. Aandag word ook gegee aan die vraag met watter groep begin moet word.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

