An Analysis of a supervisor-subordinate trust relationship
Abstract
Opsomming
In die lig van die belangrike rol wat navorsers aan vertroue heg en die probleme verbonde aan die bestudering van vertroue in organisasies, is die ontwikkeling van'n konseptuele model van organisatoriese vertroue essensieel. Die doel van hierdie studie was om empiries te bepaal of 'n teoreties gefundeerde model van vertroue in die Suid-Afrikaanse werkskonteks geldig is. In die algemeen bevestig die resultate die bestaan van n beduidend positiewe verband tussen interpersoonlike vertroue, vertrouenswaardigheid en n suksesvolle vertrouensverhouding. Vertrouensgeneigdheid sowel as lengte van toesighouerondergeskikte verhouding het egter nie 'n moderende invloed op vertrouenswaardigheid getoon nie.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

