Original Research
Die meting van neurolinguistiese programmering se verteenwoordigende stelsels: 'n Eksploratiewe studie
Submitted: 26 June 2000 | Published: 26 June 2000
About the author(s)
P. C. Bester, Randse Afrikaanse Universiteit, South AfricaK. Nainaar, Randse Afrikaanse Universiteit, South Africa
G. Roodt, Randse Afrikaanse Universiteit, South Africa
Full Text:
PDF (7MB)Abstract
Opsomming
'n Oorsig van die Sielkunde-literatuur wys daarop dat verskeie outeurs saamstem oor die bestaan van Neurolinguistiese Programmering (NLP) se verteenwoordigende stelsels. Tot onlangs toe is geen studie oor die bestaan van n omvattende meetinstrument vir NLP se verteenwoordigende stelsels in die literatuur gerapporteer nie. Die hoofdoel van die onderhawige studie was om vas te stel of dit wenslik is om NLP se verteenwoordigende stelsels met 'n omvattende normatiewe vraelys te meet. Drie konstrukte is voorveronderstel en 'n "Vraelys oor Sensoriese Modaliteite", bestaande uit 84 items, is gekonstrueer. Hierdie vraelys is afgeneem op studente (N=338) van drie verskillende tersiere instellings. hTweede faktorontleding op die 18 subtellings van n eerste faktorontleding, het twee faktore opgelewer wat nie die drie verteenwoordigende stelsels suiwer weergee nie. Die implikasies van hierdie bevindinge word bespreek.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 3368Total article views: 2931