Mental models as moderating variable in 360 degree competency assessments
Abstract
Opsomming
Die doel van hierdie studie is om vas te stel of beoordelingsgroepe verskillende denkbeelde het met betrekking tot die konstruk wat beoordeel word. Agt-en-sestig bemarkingspersone wat in die petro-chemiese bedryfwerksaam is, is deur hulleself, hulle bestuurders, kliente en medewerkers geevalueer. Die prestasiedimensies wat in die Bemarkingsbevoegdheidsvraelys (MCQ) ingesluit is, is op n konsensusbasis tussen verteenwoordigers van die verskillende beoordelingsgroepe gegenereer in n poging om die tussen-beoordelaarbetroubaarhede van die vraelys te verhoog. Itemtellings is geinterkorreleer en vereenvoudigde faktortellings is vir elke beoordelingsgroep bereken. Hierdie vereenvoudigde faktortellings is weer geinterkorreleer en enkelfaktore met hoe interne betroubaarhede vir eike groep is verkry 'n Inter-battery faktorontleding tussen hierdie faktore het 'n enkele faktor met verskillende faktorladings vir faktore van die verskillende beoordelingsgroepe opgelewer. Die implikasies van hierdie bevindinge word verder bespreek.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

