Die verband tussen lokus van beheer en werkstevredenheid by senior polisiepersoneel
Abstract
Opsomming
Werkstevredenheid is n komplekse veranderlike en word beinvloed deur situasionele faktore in die werksomgewing, asook disposisionele eienskappe van 'n individu. Die doel van hierdie ondersoek was om die moontlike verband tussen lokus van beheer en werkstevredenheid te bepaal. Die Lokus van Beheer-vraelys en Minnesota Tevredenheidsvraelys is op 101 senior polisiepersoneellede in die Noordwes-Provinsie afgeneem. Die resultate van die empiriese ondersoek dui aan dat daar 'n verband van groot effek tussen lokus van beheer (interne beheer, eksterne beheer en outonomie) en werkstevredenheid van senior polisiepersoneel bestaan. 'n Matige negatiewe verband is ook tussen 'n eksteme lokus van beheer en werkstevredenheid van senior polisiepersoneel gevind.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

