Die faktorstruktuur van Bass se veelfaktor- leierskapsvraelys in die Suid-Afrikaanse konteks
Abstract
Opsomming
Die doel van die studie was om vas te stel of die faktorstruktuur van die Veelfaktorleierskapsvraelys (MLQ) van Bass, as maatstafvan transformasionele leierskap, in die Suid-Afrikaanse konteks gerepliseer kon word. Die MLQ is gekies omdat dit belofte inhou as n geldige en betroubare meetinstrument van die onderhawige konstruk, en ook weens die feit dat daar 'n dringende behoefte bestaan aan so n instrument vir gebruik in die bestuur van menslike hulpbronne in organisasies tydens verandering. Die MLQ is op 406 proefpersone binne militêre konteks toegepas, en aan n faktorontleding en n itemontleding onderwerp. Die faktorontleding het drie faktore opgelewer, te wete transformasionele leierskap, transaksionele leierskap en vermyding van leierskap ("laissez faire"-leierskap). Die betroubaarheid van die skale is bepaal met behulp van Cronbach se koemsient alfa en koeffisiente van 0,944, 0,736 en 0,803, onderskeidelik, is verkry. Die faktorstruktuur soos deur Bass (1985) gekonseptualiseer, is grootliks deur die huidige studie bevestig.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

