Developing a trust model for assisting management during change
Abstract
Opsomming
Die studie ondersoek die verhouding tussen die Groot Vyf ("Big Five") persoonlikheidsdimensies en bestuurspraktyke en die dimensie van vertroue tussen bestuur en werknemers. Die Groot Vyf dimensies is konsensieusheid, eenstemmigheid, emosionele stabiliteit, vernuftigheid en ekstroversie. Die bestuurspraktyke is kredietwaardigheid, spanbestuur, die deel van inligting en werksondersteuning. Die resultate dui aan dat die bestuurspraktyke 'n invloed het op die verhouding tussen bestuur en werknemers. Wat die Groot Vyf dimensies aanbetref, is n swakker verhouding met die dimensie van vertroue bevind. Alhoewel dit skyn as of daar n swakker verhouding tussen die Groot Vyf en die dimensie van vertroue is, toon die relatiewe goeie passing van die model dat beide die bestuurspraktyke en die Groot Vyf persoonlikheidsaspekte van die bestuurder die verhouding tussen bestuur en werknemers mag beinvloed. Die resultate hou verskeie implikasies in vir die verhoudinge tussen bestuur en werknemers en spesifiek in die areas van keuring, werwing en aanstelling van bestuurders en die rol van bestuurders gedurende verandering.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

