Die verband tussen sekere persoonlikheidseienskappe en transformasionele leierskap
Abstract
Opsomming
Die doel van die studie was om sekere persoonlikheidseienskappe van transformasionele leiers te ondersoek. Die Jackson Personality Research Form (PRF-E) en die Multifactor Leadership Questionnaire (MLQ) van Bass en Avolio is op n ewekansige steekproef van 164 middel- en hoevlakbestuurders toegepas. Die resultate van t-toets ontledings het statistics beduidende verskille tussen sekere persoonlikheidseienskappe van transformasionele teenoor nie-transformasionele leiers gelewer. Met behulp van 'n stapsgewyse logistiese regressie-ontleding is n voorspellingmodel ontwikkel wat transformasionele leierskap, met behulp van vier persoonlikheidsfaktore van die Jackson PRF-E, voorspel. Die bevindinge ondersteun die sentrale hipotese van hierdie studie en die implikasies van die bevindinge op transformasionele leierskap word bespreek.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

