Communication of job-related information and work family conflict in dual-career couples
Abstract
Opsomming
Dit is algemeen bekend dat werk- en gesinskonflik ‘n oorsaak van huweliksontevredenheid is. Die doel van hierdie studie was om te bepaal of ontoereikende kommunikasie oor werksverwante inligting tussen gades in dubbelloopbaanverhoudings ‘n bydraende faktor tot huweliksontevredenheid is. Die Werk Persepsie Vraelys (WPV) is ontwerp en toegepas ten einde inligting te versamel rakende sekere dimensies wat volgens die persepsies van 80 dubbelloopbaanpare (wat getroud is of saamwoon) aanleiding gee tot huwelikskonflik en wat moontlik ‘n impak op die gehalte van hul verhouding mag hê. Die belangrikste bevinding was dat manlike gades meer huwelikskonflik ervaar indien hul gades nie werksverwante inligting met hulle deel nie. Die resultate vir vroulike gades was egter nie beduidend nie. Die implikasies van die resultate word bespreek.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

