Die omvang en aard van afwesigheid in die werkplek: ‘n Suid-Afrikaanse gevalstudie
Abstract
Opsomming
Die doel van die studie was om kwantitatiewe metings vir die monitering van afwesigheidstendense vir ‘n maatskappy in die vleisbedryf te ontwikkel en om die moontlike bestaan van ‘n kollektiewe afwesigheidskultuur kwalitatief te ondersoek. Die omvang, frekwensie en koste van afwesigheid, asook individuele afwesigheidspatrone, is bestudeer vir 145 werknemers oor ‘n tydperk van een jaar. Daar is bevind dat 2900 beplande en 912 onbeplande verlofwerkdae wat verloor is, die maatskappy R895,054.55 gekos het. Vyf werknemers wat die meeste afwesig was, was verantwoordelik vir 18,60% van die onbeplande verlof geneem. Die uitsonderlike vlakke van afwesigheid in hierdie gevalstudie is toegeskryf aan spesifieke werknemers.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

