Die verband tussen waargenome leierskap en die vlak van outonomie binne spanverband
Abstract
Opsomming
Leierskap en selfgerigte spanfunksionering bly kontemporêre temas in die bedryfsmilieu, wat oënskynlik organisasiesukses wesenlik kan beïnvloed. Die doel van hierdie studie was om die waargenome verband tussen leierskap en die vlak van outonomie binne spanverband te bepaal. Tweehondered-en-dertig (N=230) individue, gegroepeer in 56 spanne vanuit vier Suid-Afrikaanse maatksappye het aan die studie deelgeneem. ‘n Meting van sowel die bogeskikte se leierskapstyl en die vlak van outonomie binne spanverband is verkry. Afgesien van bruikbare inligting rondom veral die leierskapdata in vergelyking met internasionale navorsing, het die studie ‘n beduidende verband tussen leierskapstyl en outonomie binne spanverband uitgewys.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

