Job satisfaction among South African aircraft pilots
Abstract
Opsomming
Werkstevredenheid en die belangrikheid daarvan vir die mens is ‘n onderwerp waaroor navorsing dikwels gedoen word. Die rede hiervoor is die aanname dat werkstevredenheid ‘n belangrike bydraende faktor is tot werknemerswelsyn en verskeie organisatoriese uitkomste. Die meeste van hierdie studies het gekonsentreer op die invloed van organisatoriese veranderlikes op werkstevredenheid. Min navorsing is egter gedoen oor die verband tussen vliegverwante veranderlikes en die vlakke van werkstevredenheid van vlieëniers. In ‘n studie van 704 Suid-Afrikaanse vlieëniers is beduidende verskille gevind tussen die werkstevredenheidsvlakke van vlieëniers met betrekking tot die aard van vlieëniers se vliegtaak, area(s) van werksaamheid, soort(e) lisensie(s) en vlak van bevelvoering.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

