The level of importance attached to price and quality in purchasing behaviour
Abstract
Opsomming
Hierdie studie evalueer die belangrikheidsvlak wat verbruikers aan spesifieke produk- kenmerke en die waargenome verhouding tussen prys en kwaliteit heg. Die empiriese ontleding is op 237 Indiër-verbruikers uitgevoer en daar is gebruik gemaak van ’n gestratifiseerde steekproefnemingstegniek. Die bevindinge van die studie dui daarop dat kwaliteite en prys twee belangrike produkkenmerke is, maar hulle belangrikheid verminder sodra ander produkkenmerke ingesluit word. Net ’n kwart van die verbruikers glo dat prys en kwaliteit ’n een tot een verhouding het. Die studie dui daarop dat die biografiese profiele van verbruikers nie op die belangrikheidsvlak van prys impakteer nie, maar dat ouderdom en inkomste die belangrikheidsvlak wat aan kwaliteit gekoppel word, beïnvloed.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

