Construct validity of competency dimensions in a team leader assessment centre
Abstract
Opsomming
Die doel van die studie was om die konstrukgeldigheid van ’n takseersentrum te ondersoek. Die steekproef het uit 138 persone bestaan wat aan ’n eendagtakseersentrum vir oproepsentrumgroepleiers deelgeneem het. Ses oefeninge is gebruik om nege bevoegdheidsdimensies te meet. Korrelasies en ’n hoofasfaktorontleding is gebruik om die konvergente en diskriminante geldigheid van die dimensiebeoordelings te bestudeer. Die resultate het getoon dat die beoordelings volgens oefeninge eerder as dimensies (eienskappe) gegroepeer het. Hierdie bevinding dui op ’n hoë mate van metodevariansie. ’n Verdere faktorontleding van die nege bevoegdheidsdimensies het twee faktore, wat as interpersoonlik en probleemoplossend benoem is, opgelewer. Implikasies vir die ontwerp van takseersentrums word bespreek.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

