Die effek van ’n opbaanbeplanningsprogram op skoolverlaters in ’n voorheen gedepriveerde gemeenskap
Abstract
Opsomming
Ten einde menslike hulpbronne tot die maksimum te ontwikkel en te benut is dit vir opvoedkundige dienste nodig om nie net aan die bevoorregtes nie maar ook aan die behoeftes van die gedepriveerde populasies van die land te voldoen. Die doel van hierdie ondersoek was om ’n loopbaanbeplanningsprogram te ontwikkel en die effek daarvan op skoolverlaters in ’n gedepriveerde gemeenskap te bepaal. Die Solomon-viergroep ontwerp is in die ondersoek gebruik en 48 skoolverlaters het aan die studie deelgeneem. Uit die resultate van die loopbaanbeplanningsprogram blyk dit dat die skoolverlaters wat aan die program deelgeneem het, beduidend beter resultate getoon het as die wat nie daaraan deelgeneem het nie. Die program het dus beter selfkennis, beroepskennis, en verbondenheid tot die loopbaanbeplanningsproses tot gevolg gehad.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

