From identity to organisation identity: The evolution of a concept
Abstract
Opsomming
Die siening dat korporatiewe en/of organisasie-identiteit ’n bydraende faktor tot organisasiesukses is, word toenemend in die media waargeneem. Navorsingsbelangstelling in die konsep skyn terselfdertyd toe te neem. Terwyl identiteit geensins ’n nuwe konsep is nie en in verskillende vorme voorkom, bly dit in vaagheid gehul en word ’n meer duidelike omskrywing daarvan benodig. Die huidige studie het die oorsprong van die indentiteitskonsep nagespeur en verskeie perspektiewe op identiteit in oënskou geneem. ’n Bepaalde betekenisstruktuur en teoretiese raamwerk word vir die identiteitskonsep voorgestel en die gevolgtrekking word gemaak dat kontemporêre sienings van identiteit toenemend besig is om vroeëre psigologiese perspektiewe te omsluit.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

