'n Bedryfsielkundige ondersoek na die verband tussen sosiale ondersteuning en beroepsaanpassing by middelvlakbestuurders
Abstract
Opsomming
In 'n poging om die verwantskap te ondersoek wat sosiale ondersteuning, medewerknemerondersteuning, bogeskikte-ondersteuning, gesinsondersteuning en vriendskapsonder-steuning met beroepsaanpassing het; sowel as die modererende invloed wat lokus van kontrole en geslag op die verhouding tussen sosiale ondersteuning en beroepsaanpassing het, is daar van twee vraelyste gebruik gemaak. Vir die meting van sosialc ondersteuning en ondersteuning van 'n persoon se medewerknemers, bogeskiktes, gesin en vriende, sowel as vir die meting van beroepsaanpassing, is die Werk- en Ondersteuningsnetwerk Tevredenheidskaal aangewend. Die Interne-Eksterne Lokus van Kontrole Skaal is vir die meting van lokus van kontrole gebruik. Die meetinstrumente is op 131 middelvlakbestuurders in die banksektor toegepas. Die resultate dui op 'n positiewe verband tussen sosiale ondersteuning en beroepsaanpassing, medewerknemerondersteuning en beroepsaanpassing, en bogeskikteondersteuning en beroepsaanpassing.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

